’n Student se dood in die berg by Stellenbosch lyk verdag. ’n Oud-recce vermoor as ’n boodskap. ’n Korrupte politikus se lyk in die sandkuil van Arabella se sestiende putjie. ’n Mooi veldgids, gewerf as ’n heuningwip vir die grootste dollar-rooftog in die land se geskiedenis. En Bennie Griessel se troudag kom nader . . .
Internasionaal bekende skrywer Deon Meyer woon op Stellenbosch. Sy publikasies sluit in dertien misdaadromans (onder meer Spoor, 2010, 7 Dae, 2011, Kobra, 2013, Ikarus, 2015, Koors, 2016, Prooi, 2018, en Donkerdrif, 2020). Orion, Proteus en Infanta is met die ATKV-prosaprys bekroon en Prooi met die ATKV-prys vir Spanningsfiksie.